Owning a property in a sectional title scheme can be a mine field. You would think that this new flat or townhouse now belongs to you – your name is on the title deed, after all – and you can do with it as you please. Not so. In a recent court case* the facts were as follows: the owner of a sectional title unit converted her garage into living quarters.

The Body Corporate approved this conversion, but one of the other owners was not happy and took the Body Corporate’s decision to court where she won. The Court applied the law** and stated that ALL the owners of the building must consent where one of the owners wants to use his or her property for a different purpose as set out in the building plans of the sectional title units. Furthermore, the consent is required if the change or conversion of the unit will affect other owners materially.

The Body Corporate was therefore not correct in approving the conversion of the garage into living quarters.

What are the lessons here? If you are a sectional title owner, make sure that you know what you are allowed to do inside your property or not. Get a copy of the plans and make sure that you know them. But even more scary: don’t assume that the Body Corporate know what they are doing. You could be one of the owners facing the legal fees from a failed court case. Do your homework.

*Mineur v Baydunes Body Corporate 2019 (5) SA 260 (WCC)

**S13(1)(g) of the Sectional Titles Schemes Management Act of 2011.

Neilsons Attorneys have conveyancers who know and understand the law relating to Sectional Titles.

Deeltitel Slaggate

Om ‘n eiendom in ‘n deeltitel skema te besit kan vol slaggate wees. Jy kan wel dink dat hierdie nuwe woonstel of meenthuis nou aan jou behoort – jou naam is immers op die titelakte – en dat jy daarmee kan doen wat jy wil. Nie so nie. In ‘n onlangse hofsaak* was die feite as volg: die eienaar van ‘n deeltitel eenheid het haar motorhuis omskep in ‘n woon area.

Die Beheerliggaam (Body Corporate) het hierdie omskepping goedgekeur maar een van die ander eienaars was nie tevrede nie en het die Beheerliggaam se besluit hof toe geneem waar sy gewen het. Die hof het die wet** toegepas en bevind dat al die eienaars van die gebou moet toestem wanneer een van die eienaars sy of haar eiendom vir ‘n ander doel wil gebruik soos wat dit in die bouplanne van die deeltitel eenheid uiteengesit is. Nog meer, die toestemming word vereis indien die wysiging of omskepping van die eenheid ander eienaars substansieel sal beïnvloed.

Die Beheerliggaam het dus nie korrek opgetree deur die omskepping van die motorhuis in ‘n woon area goed te keur nie.

Wat is die les hier? Indien jy ‘n deeltitel eenheid eienaar is, maak seker dat jy weet wat jy toegelaat is om binne jou eiendom te doen of nie. Kry ‘n afskrif van die bouplanne en maak seker dat jy dit verstaan. Maar nog belangriker: moenie aanneem dat die lede van die Beheerliggaam weet wat hulle doen nie. Die meeste lede van Beheerliggame is gewone mense soos jyself. Jy kan dalk een van die eienaars wees wat die regskostes vir ‘n mislukte hofsaak moet betaal. Doen jou huiswerk.

Neilsons Prokureurs het aktevervaardigers wat die Wet op Deeltitels ken en verstaan. Kontak ons gerus.

*Mineur v Baydunes Body Corporate 2019 (5) SA 260 (WCC)

**Artikel 13(1)(g) van die Sectional Titles Schemes Management Act of 2011.

Pin It on Pinterest