You decide that you cannot go on any longer and it’s time to call it quits and get divorced. You ask the right questions and find an attorney who understands what you’re going through. You’ve only heard of divorce summonses and trial dates and going to court, but now this attorney tells you about other options, such as mediation and you are confused. (For the option of COLLABORATIVE PRACTICE, see our website under “Litigation”)

So, why should you choose mediation over litigation?

When you choose litigation, it is as if you are entering the cage of a man-eating lion. You may or may not be eaten, depending on how hungry the lion is. The point is that the initiative has passed to the lion. You are not in control. The lion is.

This is the same as in litigation: the rules of court take over and determine what must be done and when it must be done. It is also a very adversarial arena. My clients often feel as if they are being dragged along the route helplessly and they just want to pause a bit and take a break, but that is not possible, because the other side is not going to take a break. You have chosen your weapon and you have to see this fight through to the bitter end. The costs are mounting up and you don’t know when it will end. Since attorneys and advocates charge on a time basis, they are genuinely not able to tell you how much the whole case will cost, because the other side may choose to bury you under the paperwork or use delaying tactics and your attorney has to act on this.

Mediation is almost the opposite: you and your spouse or partner remain in control of the process. You can choose a mediator whose fees are affordable. You can choose how many sessions you need. You can choose the pace at which the mediation process proceeds. Also, and very importantly, the mediator makes no decisions – the two of you do.

For some people the most important factor is that your financial (or other!) affairs remain confidential and private. For other people, the fact that you as parents can communicate means that the children will not be harmed in the process. The best of all is that you share the costs of a mediator, instead of each of you paying separately for two attorneys (and sometimes also for an advocate).

There is only one disadvantage to mediation, namely that it is voluntary. This means that you cannot force the other party to agree to mediation. However, the good news is that there is the threat that, if the other party refuses to agree to mediate, the court could make a cost order against that party.

Elmarie Neilson of Neilsons Attorneys, is a mediator and collaborative attorney.

KIES JOU WAPENS!

Jy besluit dat jy nie langer so kan aangaan nie. Dis die einde van jou huwelik en jy wil nou skei. Jy vra die regte vrae en vind ‘n prokureur wat verstaan waardeur jy gaan.

Jy het nog net gehoor van egskeiding dagvaardigings en verhoordatums en hof toe gaan, maar nou vertel hierdie prokureur vir jou daar is ander opsies, soos byvoorbeeld mediasie en nou is jy verward.

So, hoekom moet jy mediasie bo egskeiding kies?

Wanneer jy kies om te litigeer, is dit soos om in die hok van ‘n mensvreterleeu in te stap. Jy sal miskien nie opgevreet word nie, afhangende van hoe honger die leeu is. Maar die gevaar is dat die inisiatief nou oorgegaan het na die leeu. Jy is nie meer in beheer nie – die leeu is.

Dit is dieselfde met litigasie: die reӫls van die hof neem oor en bepaal wat gedoen moet word en wanneer dit gedoen moet word. My kliӫnte voel dikwels asof hulle hulpeloos langs die pad saamgesleep word en hulle wil net ‘n bietjie rus en asemskep, maar dit is nie moontlik nie, want die teenkant gaan nie rus nie. Hulle gaan die druk volhou.

Jy het jou wapen – litigasie – gekies en jy moet nou hierdie geveg deursien tot die bitter einde toe. Litigasie is ook baie adversarieel en in die proses vernietig dit die laaste greintjie toegeneentheid en welwillendheid tussen julle.

Die regskostes loop op en jy weet nie wanneer dit gaan eindig nie. Aangesien prokureurs en advokate betaal word vir tyd wat hulle spandeer, is hulle werklik nie daartoe in staat om vir jou te sê hoeveel die hele saak gaan kos nie, veral indien die teenkant besluit om jou te begrawe onder die papierwerk en pleitstukke, en jy en jou prokureur het geen keuse nie – julle moet op die pleitstukke reageer.

In teenstelling hiermee, is die mediasie proses amper die teenoorgestelde: jy en jou vrou of lewensmaat bly aan beheer van die proses. Julle kan self julle mediator kies, terwyl jy hoegenaamd nie jou regter in die hof kan kies nie. Julle kan ‘n mediator kies wie se fooie bekostigbaar is. Julle kan besluit hoeveel sessies julle benodig en derhalwe die kostes in toom hou. Nog ‘n baie belangrike punt: die mediator mag nie besluite maak nie. Jy en jou gade maak die besluite.

‘n Belangrike voordeel van mediasie vir sommige persone, is die faktor dat jy jou finansiӫle en ander sake vertroulik en privaat kan hou. Vir andere, is ‘n belangrike voordeel dat julle as ouers met behulp van ‘n derde persoon kan kommunikeer oor die kinders se beste belange en dit beteken dat die kinders nie sal skade lei in hierdie proses nie. Die beste van alles is dat julle die koste van ‘n mediator deel, in plaas daarvan dat julle elkeen ‘n prokureur (asook advokaat) ten duurste moet betaal.

Die enigste nadeel aan mediasie, is dat dit vrywillig is. Dit beteken dat jy nie die ander party kan dwing om aan mediasie deel te neem nie. Maar die goeie nuus is die stilswyende dreigement dat, indien die ander party weier om te medieer, die hof die ander party kan beveel om ook jou regskostes te betaal.

Elmarie Neilson van Neilsons Prokureurs is ‘n mediator en samewerkende prokureur.
Neilsons Prokureurs – tel 021 557 8552

Pin It on Pinterest