The parents divorced in 2008. The court ordered the father to pay maintenance for the two children. Two years later, his salary dropped. The next year, his salary dropped again and he went to the maintenance court to have the amount of maintenance reduced. He succeeded, but the matter went on appeal.

The appeal court found that it was true that the father’s salary had dropped, but that alone was not enough to get the amount of maintenance reduced. He also had to prove that he was not able to pay the current maintenance amount ordered by the divorce court.

It also turns out that he had not been honest with the court: the mother discovered that he had received a few lump sum payments but he did not tell the court about this. The appeal court found that this was a factor in the decision to keep the original order as it was.

The appeal court said that the most important factor that a court must look at when there is an application to change a maintenance order, is the needs and welfare of the children.

Some of the principles in maintenance law was confirmed: the payment of maintenance for minor children is a priority in the demands upon the resources of the individual liable for the payment of such maintenance. In other words: maintenance for children is more important than the retirement annuity that the father was paying. The court found that the father could have these payments suspended, so that he can rather pay maintenance. The father said that he had to repay a loan to the grandfather but again, the court found that the maintenance payable to the children trumps this loan repayment. Even the father’s payments for clothes, did not outweigh the children’s maintenance because the interests of the children are paramount. The court also did not have sympathy for his self pity that he could not have any entertainment because he had to pay maintenance first.

A person who wants to change a court order, has to show good cause (or sufficient reason). “Good cause” could be a change in the conditions that existed when the order was made, that would make it unfair if the order remained as it was. (Roos v Roos)

The father lost the appeal and the mother won her cross appeal. The result is that the original court order that was made in the divorce, remained as it was.

Strydom v Strydom (KZN) case no AR 598/2011

Help! Ek Kannie Bekostig Om Onderhoud Vir My Kinders Te Betaal Nie!

Die ouers is in 2008 geskei. Die hof het die vader van die kinders beveel om onderhoud vir sy twee kinders te betaal. Twee jaar na die egskeiding, is sy salaris verminder. Die jaar daarna is sy salaris weereens verminder en het hy die onderhoudshof genader om die bedrag onderhoud wat hy moet betaal, te laat verminder. Hy het geslaag, maar was nie tevrede nie en het die saak is op appel geneem.

Die appelhof het gevind dat dit korrek is dat die vader se salaris verlaag is, maar dat dit alleen nie genoeg is om die onderhoud wat betaalbaar is te verminder nie. Die vader moes ook bewys dat hy nie daartoe instaat was om aan die huidige onderhoudsbevel soos deur die egskeidingshof gemaak, te voldoen nie.

Dit het ook geblyk da thy nie eerlik was met die landdroshof nie: die moeder het ontdek dat hy ‘n paar lompsom betalings ontvang het maar nie die hof daarvan vertel het nie. Hierdie feit was ‘n faktor in die appelhof se bevinding dat die oorspronklike onderhoudsbevel in die egskeidingsgeding dieselfde moet bly.

Die appelhof se uitspraak het gemeld dat die mees belangrike faktor waarna ‘n hof moet kyk waneer daar ‘n aansoek om ‘n onderhoudsbevel te wysig is, die behoeftes en welstand van die kinders.

Die hof het ook ander beginsels in ons onderhoudsreg bevestig: die betaling van onderhoud vir minderjarige kinders is ‘n prioriteit op die hulpbronne van die betaler van onderhoud se vereistes. Met ander woorde: onderhoud vir kinders is meer belangrik as byvoorbeeld, die uittree annuiteit wat die vader vir homself betaal het. Die hof het bevind dat die vader die betalings van die annuiteit kan laat opskort, sodat hy eeder onderhoud kan betaal. Die vader het ook beweer dat hy ‘n lening aan die oupa moes terugbetaal maar, weereens het die hof bevind dat die onderhoud wat aan die kinders betaalbaar was hierdie lening se terugbetaling troef. Selfs die vader se uitgawe vir klere het nie die kinders se onderhoudsbehoefte getroef nie aangesien die behoeftes van die kinders van kardinale belang is. Die hof het ook geen simpatie met die vader se selfbejammering gehad dat hy geen pret en vermaak kan bekostig nie omdat hy “te veel” onderhoud moes betaal.

Die gevolgtrekking: ‘n persoon wat ‘n hofbevel wil wysig, moet behoorlike oorsaak of voldoende rede aantoon. “Voldoende rede” kan ‘n wysiging in die omstandighede wees wat bestaan het toe die oorspronklike bevel gemaak is, indien dit onregverdig sou wees as die oorspronklike bevel sou bly staan.

Die vader het sy appѐl verloor en die moeder het geslaag met haar teenappѐl. Die resultaat is dat die oorspronklike hofbevel vir onderhoud, bly staan.

(Strydom v Strydom (KZN) saak no AR 598/2011)

NEILSONS PROKUREURS KAN JOU ADVISEER OOR ONDERHOUD VIR KINDERS

Pin It on Pinterest