An acrimonious divorce was heard in the Cape High Court and then had another episode in the Appeal Court in Bloemfontein.

The husband, a senior advocate from Gauteng, was approximately 23 years older than his second wife. He overpowered her objections and, a day before the marriage, made her sign an antenuptial contract wherein she signed away her rights to claim maintenance if the parties ever divorced.

When the marriage broke down 24 years later, he tried to enforce this contract.  Neither of the two courts fell for his arguments. (It didn’t help that both courts also found that he had lied to the court).

The Appeal Court determined that a clause in an antenuptial contract stating that the one spouse will never claim maintenance against the other spouse, was invalid and unenforceable. There were two reasons for this:  firstly, such a waiver was against public policy (namely section 7 of the Divorce Act, 70 of 1979) and secondly, such an agreement would override the court’s statutory power (also section 7 of the Divorce Act) to grant maintenance to a spouse upon divorce.

The lesson here is: don’t be so excited about the imminent wedding, that you don’t pay careful attention to the antenuptial contract.

Consult your lawyer before you sign anything, especially if it’s a contract that might only be enforced 20 years later.

Wees Baie Versigtig Met Jou Huwelikskontrak

‘n Hoogs bestrede egskeiding is in die Kaapse Hooggeregshof aangehoor en het ‘n tweede rondte in die Appèlhof in Bloemfontein gehad.

Die man, ‘n senior advokaat van Gauteng, was ongeveer 23 jaar ouer as sy tweede vrou. Sy was baie teensinnig om die onregverdige huwelikskontrak te teken wat hy aan haar voorgelê het, maar hy het haar besware oorrompel en, ‘n dag voor die huwelik, haar ‘n huwelikskontrak laat teken waarin sy al haar regte om onderhoud te eis indien die partye ooit skei, weggeteken het.

Toe die huwelik 24 jaar later verbrokkel, het die man probeer om die kontrak af te dwing. Nὸg die Hooggeregshof in Kaapstad, nὸg die Appelhof het vir sy argumente geval. (Dit het nie gehelp dat beide howe ook bevind het dat hy vir die howe gelieg het nie.)

Beide howe het bevind dat ‘n klousule in ‘n huwelikskontrak wat bepaal dat een eggenoot nooit onderhoud van die ander eggenoot mag eis nie, ongeldig en onafdwingbaar is. Daar is twee redes hiervoor: eerstens: so ‘n afstanddoening is teen die openbare beleid (contra bonos mores) en tweedens, so ‘n ooreenkoms sal die hof se statutêre magte om ‘n onderhoudsbevel aan ‘n eggenoot tydens egskeiding te gee, aan bande lê.

Die les hier is: moenie so opgewonde wees oor die naderende huwelik, dat jy nie baie versigtig aandag gee aan die huwelikskontrak nie.

Konsulteer jou prokureur voordat jy enigiets teken, veral indien dit ‘n kontrak is wat dalk eers 20 jaar later afgedwing moet word wanner omstandighede drasties verander het.

Neilsons Prokureurs doen reeds 21 jaar lank huwelikskontrakte vir hulle kliënte en is ook beskikbaar om u by te staan.

Pin It on Pinterest